Huis Jerusalem

DSC03076

Huis Jerusalem is die gemeenskapsprojek van Nuwe Lewe gemeente en bestaan sedert Augustus 1993. Huis Jerusalem is geleë te Lagois straat 28, Burgershoop, Krugersdorp. Daagliks word daar ongeveer ‘n honderd kinders kos voor gegee. Die kinders is van die omliggende gemeenskap. Huis Jerusalem het ‘n klerebank wat graag klere in ‘n goeie toestand ontvang van donateurs. Kinders word na skool gehelp met klas opdragte en is daar ook‘n biblioteek ingerig vir die gebruik van die kinders.

Huis Jerusalem word bestuur deur Ann Labuschagne. Indien u graag voedsel wil skenk of finansieël wil bydra tot Huis Jerusalem of ‘n navraag het, kan Ann geskakel word by 073 354 0885.

Klerebank is oop op die volgende dae:

Dinsdae: 09:00 – 10:00
Woensdae: 09:00 – 15:00
Donderdae: 09:00 – 10:00

Bankbesonderhede vir Huis Jerusalem

ABSA Burgerstraat Krugersdorp
Rekeningnaam: NLAS-Huis Jerusalem
Rekeningnommer: 405 258 35 93
Bankkode: 632 005

DSC03047

KLEREBANK

 

DSC03044

BIBLIOTEEK

 

DSC03043

Die huis netjies en ingerig vir die versorging van kinders se behoeftes.